Saturday, 26 July 2014


MY FRIEND

I have been thinking about my new dark friend a lot lately. I miss him and wonder if he is ok.
He was born and has lived in a special township all his life; even his father was born there. There seems to be no way out for him. He has no passport, no identity, cannot vote, cannot get a driver's license. 
But he can make art.
He uses the available materials like corrugated iron and barbed wire to make art- inspirational art. Depicting life as he has become accustomed to, but in a beautiful, uplifting way. He celebrates these symbols of oppression and fences with which they try and shut him in; away from a better world. But your spirit flies high above all of this, my friend. Your children skip rope with barbed wire and families hold pop-riveted hands in dance. They fly colourful red balloons and kites from wires as if to show the world: "Look at us! We are people and families, too! You can hold everything from us, but you will never own our spirit!"

My friend is not a Zulu or a Xhosa or a Sotho. My friend is by origin a Palestinian, you see. He lives in a refugee camp in the outskirts of Beirut in Lebanon.

Abdul Katanani, my friend, I know you are going to see this. I want you to know that I am thinking of you and hope that your family and friends are unaffected by what's happening in Gaza. Thank you for opening my eyes to the other side of every story. I long for the day that we can meet in South Africa and talk and talk again- and maybe you can make a lamp out of orange peel again so that it will shine its warm, citrusy peace over everyone present, just like at Cité.

Friday, 4 July 2014


WHO AM I?

So, back in South Africa after 3 months. What can I say?
My whole tube with all my work never arrived with our other luggage in CT International. Waited four days and endless phone calls later, DHL delivered on Wednesday morning. Phew.
The pool needed cleaning, internet banking needed setting up again, payments to be made, garden ignored, vehicles sorted, applied for a replacement drivers license . . . 
No problem is so big or complicated that it cannot be run away from. So we promptly hopped in the car an drove to Buffels. Stopped at Albertinia and bought a whole rump for steaks and some sosaties. Government white bread for toasted saamies. Condensed milk for morning coffee (yes, Bialetti!).
No fresh baguettes, no croissants, no sweet French . . . in fact, nearly nobody at all. In stark contrast to three months of sensory stimulation- smells, tastes, sounds, sights: familiarity. Good old Buffels lies surrounded by the endless pounding waves, wagtails in our house as if we've never been away. Glorious sunshine and the smack of the sea. An hour ago a whale blew a welcome 400m from my deck.
Yes, I miss Paris and my new friends. Yes, of course Mia is in a no-man land of frustration and nobody who understands it. Yes, it was a great, great, great experience. One has a mixed identity, a sense of something missing and a sense of something found. Like some strange creature on a new planet. But slowly the routine of home is beginning to ebb and flow with the tides. Nothing has changed, and everything has.
Started illustrating for Riana Scheepers' Gediggies vir Peuters. Huis Horison Art Auction looming large. Life carries on. The treadmill is turning. I step on board. OK, HERE WE GO.

Theodor is bang vir die nag - watercolour and charcoal illustration.

Tuesday, 17 June 2014

DIE DUN LYN



Dis 'n baie dun lyn. 
Maar laat ek voor begin. Vanaand is OPEN STUDIO in Cité waar sowat 30 van die 300  Cité kunstenaars, skrywers en musikante hul werke in hul ateljees uitstal vir almal om te kom sien. Kompleet soos uitstallings, met wyn en snacks. Geen werk word te koop aangebied nie. So, die vraag is: hoekom doen ons dit?
Mede-kunstenaars kom kyk graag na Open Studios. Hulle is op soek na óf 'n groot verrassing waaruit hulle kan leer; óf iets waarop hulle kan neersien en slegmaak. Daar is nie 'n breë middeweg nie. So Open Studio laat jy jou kwesbaar. Voel asof ek met 'n Lucky Strike T-shirt met 'n groot teiken op my bors rondstaan. 
Maar net vir daai één opregte kompliment, of één persoon wat belangstel en uitvra oor jou werk, is jy bereid om vreemdelinge in jou ateljee toe te laat. In fact, om hulle te nooi hierheen. Sodat hulle jou wyn kan kom drink en jou baguettes met mozarella en anchovies kan kom opeet. Deur my sketsboeke kan blaai, my kommentaar kan lees; baie daarvan baie persoonlik en subjektief. Hulle gaan hande-agter-die-rug vooroor gebuk staan en my werk bestudeer. My badkamer gebruik. 
Ek gooi my ateljee oop waar ek geëet, geslaap, geskryf, geteken en geblog het vir amper drie maande. Die bewys van my tyd hier hang teen my mure soos nat wasgoed. Nes met wasgoed, gaan hierdie voyeurs kan sien wié ek eintlik is: manlik of vroulik, oud of jonk, kontemporêr of tradisioneel. Is my werk die overalls van 'n werker of die ligblou langmouhemp van 'n suksesvolle sakeman? Dalk die wit jas van 'n fisikus? Of die sweetpak van 'n sportman?
Dan die detail in my ateljee: bekyk my kwaste, my ou wit Appletjie, luister na die musiek wat ek vir hulle speel. Die tafeldoek wat ek oor my tafel gooi, het 'n olifant oop (dis in Indië gemaak). Wat is anders in my ateljee as in hulle s'n; synde dat al die ateljees dieselfde beddens, beddegoed, tafels, stoele, eetgerei ens het? 
Reuke. Klanke. Uitsig. Insig.
'n Kultuur wat nie verkeerd is nie, net anders as hulle s'n. En dís hoekom ons hier is. Om te meng en uit te ruil, sodat ons almal kan saam wegdra 'n oper kop en nuwe vriende wie jy skielik beter verstaan.
Mag my besoekers vanaand iets saamneem, nie net gou inloer en weer loop nie. Soos enige kunstenaar sal weet, kommentaar is goed. Enige kommentaar - solank jy net nie daai doodse stilte hoef te hoor nie; dis die diplomatiese stilte van afkeur.
Net tyd sal leer. 
Ná 10uur begin ons almal saam party. Sonder dat die party 'n tema het, sal ons almal aankom met ons overalls, ligblou langmouhemde of wit jasse; sonder enige skaam en sonder enige verskonings. Want omdat ons wasgoed saam uitgehang het, is ons mos familie van dieselfde huis.

Friday, 13 June 2014

I'M A NON EUROPEAN



"I'm  an African" I say. 
"But your'e white?" they ask. "And your ancestors are from Europe? Are you not a European then?"
"No" I say proudly. "I'm a non European" and deep inside I wonder about this complexity. Luckily they leave it at that. I can't even begin to explain.



60 x 45 watercolour and charcoal



Tuesday, 10 June 2014

DUET


DUET

Ek’s ‘n gek
ek’s ‘n dwaas
ek skrywe teen mure
ek like van die glaas

Ek maak my tag
ek hou my bek
ek respect die ander
ek ken my se plek

So staan ek en skrywe
onder Woodstock se brug
trek diep aan my zol
en vilang ver terug

Dit wys in my lyne
dis woes en dis kwaai
dis los en dis donker
dit skree soos lawaai

So kom hierdie Boer
met sy pen in sy hand
en sy darkies en boekie
hy vang my onkant

Hey, wat maak jy!?
Is jy bleddie gek?!
Jy kan nie hier teken nie-
gaan teken ander plek!

Ek teken nie, ek skryf
ek’t ‘n message te share
ek is ‘n skrywer, djy sien
and I just don’t care

Makie sakie ou maat
jy’s teen die wet
gebruik jou verstand
. . . bietjie wat jy het

Ek kannie nou lossie
ek’s té ampeklaar
daars baie om te sê, man
djy moet net bedaar

En ek skryf uit my hart
en ek skryf uit my pyn
oor die huis wat nie is nie
en my pa wat verdwyn

Die Boer latie waggie
trek sy broek op en begin
in sy boekie met sy Bic
sy storie te spin

Name/naam en van?
Waar kom jy vandaan?
my ID, my seks
en so gaat hy aan

Skryf enigiets, man
net wat djy laaik
los my allien
en take ‘n hike

Gaan huis toe, jongman
gaan vóór ek jou moer

Ek het nie ‘n huis nie . . .

Jy’s lucky, sê die Boer


Sy pen griffel slote
op sy duplicate papier
sy are staan bulte
sy voorarms gespier

En ek skryf van my liefde
in ‘n aaklige droom
en van my kat wat hang
in ‘n moerbeiboom

En hy skryf van sy liefde
in ‘n aaklige droom
vol vingerafdrukke
en suur soos room

En ons skryf so en skryf
vir al wat ons het
die Boer en ek
ons eie duet

Ek gaan sit op my hakke
ek’t nêrens om te gaan nie
en die Boer ook nie
maar hy kan nie verstaan nie

My tag is gemaak
my skrywe is klaar
my roof is al af
maar sy pitsweer steeds daar



Waterverf en conté 64 x 50cm

Friday, 6 June 2014

SAINTE-PAUL SE GEWETE


Sontrale sif soos skoenlapperskubbe in lang vlierte van bo uit die koepel van die Saint Paul katedraal, draai driemaal in die rondte om ligvoets hier onder op Maria te kom opkrul soos 'n skootkat. Gedempte stilte vertel van eeue se formaliere, se bede, se wanhoop en salf. Tweevinger priesters en heiliges staar stil uit hul brandskilder vensters; beskuldig en veroordeel, wink en wys. Gewyde orrelmusiek, skaars hoorbaar, Awe Maria van iewers af, van een van daai baie geheime plekke en van agter deure wat ek nooit sal mag oopmaak nie.
My een Euro word vrygelaat in die gleuf, klingel deur die kerk. Ek neem my klein kersie in sy geel glasbakkie en steek dit aan by een van sy meer ervare maats. Gloei warmte tot in my hart. Ek stap gedweë tussen rye houtbanke deur. 'n Vloerplank kraak. Onder die groot koepel staan ek stil, kyk op. 'n Duif soek uitkoms, fladder verward en kry sit op St Paul se skouer soos 'n gewete.
Ek kry die perfekte plekkie vir my ma se kers. Aan die voete van Maria sit ek die kersie neer en staan terug. In die doodse stilte van die kerk, dans my kers se vlammetjie skielik asof daar 'n trek deur die Maria-nis gaan. Dan staan dit weer stil en word 'n stillewe-met-kers-en-Maria.
Dis somerwarm daar buite. 'Skies Ma, en 'skies Maria, vir my kortbroek en sandale. En 'skies vir my inmeng hier met jul innige gesprek. En 'skies dat ek my kamerdeur geklap het en 'skies dat ek nooit genoeg dankie gesê het nie. 'Skies dat ek nie veel sê as ek kom kuier nie; maar ek sit lekker in stilte met jou, Ma. So ok, ek los julle nou. Gesels lekker.
Ek weet my ma sal verstaan; ek's nie seker oor Maria nie.

Hoog bo, waar bedompige lug teen koepelvensters wasem
styg kerslig op en uit, 'n moeë spook se asem
maar diep onder in 'n donker, drupnat kelder
brand 'n geduldige kersie sy onderwêreld helder.

Monday, 2 June 2014

PONT MARIE EN DIE KAT SE GAT


PONT MARIE EN DIE KAT SE GAT

Nie net omdat dit die naaste brug is aan waar ek bly nie, is Pont Marie my gunsteling brug. Pont Marie is anders as al die ander sowat 22 brûe wat in Parys oor die Seine span. Dit neem my oor die rivier na die mooi tuin op die Ile de Cité aan die agterkant van die Notre Dame. Maar ook nie daarom nie. 
Pont Marie is die enigste brug wat nie simmetries is nie, sien. Die vier boeë verskil almal van mekaar. Selfs die hoogste punt is nie in die middel nie. Pont Marie het attitude.
Toe ek klein was, het Dirkie-hulle 'n gat in die garagedeur gehad waardeur die hond kon in-en-uit vir koue Bloemfontein wintersaande. Arme kat, dag ons, en sny 'n kleiner gat in die deur sodat sy ook kan in- en uitgaan. 'n Soort van 'n katgat as jy weet wat ek bedoel (óns het geweet). Sy het kom verken, goed uitgesnuif, stert in die lug haar wang daarteen geskuur om te wys sy's tevrede, en ingeskuur. Kopomlaag van binne uitgeloer om dankie te sê. Dit het vir ons heeltemal sin gemaak en die kat se gat het haar goed gepas.
Pont Marie maak op dieselfde manier sin. Daar's 'n hoëe halfrond opening vir die hoë bote, 'n kleiner ronde opening vir kleiner bote en so 'n middelslag afgeplatte, wye een vir baggersbote. Maak heeltemal sin.
Hoekom staan jy altyd op dieselfde plek as jy alleen in 'n hysbak klim? Op dieselfde ander plek as twee mense daarin is; of drie mense? Hoekom gebruik jy dieselfde toilet as jy na die kantoor se ry toilette gaan? Sit op dieselfde plek óm die etenstafel? Drink ek jare al uit my Beatrix Potter bekertjie my koffie? Slaap jy op jóu kant van die bed?
Want dis jou kat-se-gat. Presies dieselfde. Jy vind 'n holte vir jou voet wat jou pas. Jy hou van die veiligheid van dít waaraan jy gewoond is. Wat jou persoonlike ruimte óm jou toe-eien en vir watookal rede vir jou prakties werk.
Die kuns van ergonomiese ontwerp is nog in sy kinderskoene. Ons het baie om te leer (veral met vroueskoene, maar dis 'n heel ander blog). Form follows function, sê die argitek en ontwerp summier 'n huis vol grênd marmerteëls en lang gange, maar geen plek vir die kinders om te speel nie.
Laat Pont Marie vir ons leer by die ou meesters. Jy hoef nie soos almal te lyk nie. Jy hoef nie simmetries te lewe nie. Maak alles óm jou regtig vir jou sin? 
Kyk bietjie sideways.
Miskien sal jy dan ook die LIKE knoppie by Pont Marie druk.

Sunday, 1 June 2014


KOMPLIMENTE IS ONEINDIG

April 1964, Bloemfontein. Die klok lui vir pouse. Juffrou van Tonder vra my om in die klas agter te bly. Ek is reeds half gebukkend oor die blou lapsak wat agter oor my stoeltjie hang, besig om my kosblik met die kameelperd op uit te haal. Dit ruik soos gister se appel en grondboontjiebotter.  Ek wens skielik ek kan saam met Hennie Claassen (lank, krulhare, slot) na sy huis toe gaan; hulle bly reg langs Willem Postma Laerskool. Claassen-Coetzee-Conradie is ons name altyd alfabeties uitgeroep. Jannie Coetzee is linkshandig (vleuel); sy pa 'n vlieënier. Wat het ek gesondig? Ek wil summier sommer gaan kamerverlaat.
"Dis een van die dae weer Sentrale Skou", vertel sy my. Sy wil hê iemand uit haar Sub B-klas moet 'n rooi eerste prys wen by die Gertrude Beck-saal waar al die laerskoolkuns uitgestal word. Ek weet nie wat om te sê nie. Druk my ken op my bors en ruik pannekoek en sosaties van die NG stalletjie en hoor die Bankovs toring roep my naam. Popeye Diedericks gaan die stampkarre wen. My naam. Ek sal jou help, sê sy. Ja, juffrou. My maag voel of ek die Big Dipper ry. Ek teken met my vinger 'n hansworsgesig met 'n punthoed en maak blou kruisies vir oë want oë is blou. Groot rooi mond.
Twee jaar later, in standerd twee, lees juffrou Ross my opstel voor die hele klas saam met Coenie de Villiers s'n. Sy begin Coenie se opstel lees: "Die groot dag breek aan . . ." en kyk op.  Dis tjoepstil in die klas. Ons kan nie wag om te hoor van dié groot dag nie. 
Dieselfde jaar teken meneer Ernst Schoeman klomp lyne op sy swartbord. "Hoeveel driehoeke is daar?" vra hy. "Twaalf!" Rudolph Schoonwinkel (witkop, senter, Versaillesweg). "Agt!" (Johan Meyer, senter, Winterstraat) "Twaalf!" (van Aardt Smit, Waverleyweg, ook links). Ek sê huiwerig: "Sestien . . ." Meneer Schoeman maak my Skêreman - ek kan die hele week skêre uitdeel by die houtwerkklas (die meisies is by naaldwerk en eintlik is ons houtwerk uit karton). SkêreMAN. Almal beny my.
Nog twee jaar later, in Grey-Kollege Laerskool, laat meneer Jan Erasmus ons hele klas elkeen met 'n gewone potlood 'n boom teken. Toe die klas verby is, hou hy my agter. Ek wil gaan King Sting speel, al gooi Theo Opperman so seer (openingsbouler, goue fixed-cog reisiesfiets). Of touchies. Ek wil tuckshop toe gaan en my buskaartjies gaan ruil vir 4c sodat ek een van daai taai donuts met die suiker bo-op kan koop.
"Jy't talent" sê hy. Gaan ek kunslesse neem? kom dit van vér af.

Vrydag 14 Mei 2013. De Compagnie, Wellington. Einde van 'n week se gevorderde skryfkursus. Ons skrywers drentel uit die kelder uit. Ek hoor die Bankovs toring roep my naam.
"Jy's geseën met talent, my vriend" sê Riana Scheepers, "maar gestraf met veelsydigheid." My ken hang op my bors. Sy weet nie eers van my fotos en dat ek 'n squashbal kan slaan nie. 
My nagte is onrustig.
Bo my ma se bed, agter glas, hang 'n hanswors met blou kruisie-oë. Sy groot mond glimlag rooi; rooi soos die rooi rosette wat agterop die prent geplak is.



My Ma - waterverf en conté 52 x 40cm


Tuesday, 27 May 2014

MY UNBEARABLE LIGHTNESS



The picture above is of me taking a picture of my computer taking a picture of me.
My little white MacBook is a 2005 model sporting some ancient OSX with a catname. Cracked Photoshop version 6 from 2004. My iPhone4 has had the same battery, screen cover and quirks for the past few years. My phone number and PIN has not changed since 1995 when I got my first Eriksson. I have the same bank account that my parents opened for me when I learned to swim in Aliwal North. My love for the familiar has not been lost somewhere between the  digital divide and the shine of the new. Neither has my love for biltong on toast. I have not had a car for four months; I ride my son's scooter around Stellenbosch.
Yet I still have too much stuff. I wish someone would invite me to a pool party; a bring-your-own-pool one. I'll "throw in" a Kreepy Krauly if you promise not to return it.
Must say, I will also consider trade-ins. Especially this body. Anyone interested in a slightly used, previously owned body? Slight hair loss, a few scuff marks, but offering a lot for your money's worth. 30% extra in fact, at no additional charge. Or our 19-year old cat, Bertha. Not much of a looker, but a lot of experience. Garage sale! Now there's an idea. Except I don't have garages (and an afdak sale is just not the same). Maybe the church's White Elephant bazaar table? May my trash become your treasure. No, not even a Table Mountain can handle all my tradable stuff.
There is an "Unbearable Lightness of Being" in shedding stuff. There's a freedom that comes with unloading; it is once-and-for-all and that is Milan Kundera's whole point (although not necessarily like my tangible stuff as in especially my Kreepy Krauly).
Am I, like my friend says, "complaining with a loaf of white bread under each arm"? Certainly. I have everything anyone can wish for. I won't swop my trash for your treasures, nor one of my memories for your castle.
My tools are as simple as my wants. I want experiences, not fame and fortune. Memories, not gold or share options.
So no afdak sale for the time being, thank you.
I am too busy being.



Wednesday, 21 May 2014


Tock Tick

When you (eventually) get into the Museé D'Orsay and walk past the beautiful white polar bear sculpture of Francois Pompon and up the stairs, you will eventually find the gigantic clock. Everybody does. It draws one like a magnet.
From miles around Parisians and tourists can see this great iconic clock face; they set their watches by it, plan their lives around it. But once you are inside the museum and standing on the large polished floor in this minimalist space, you are captivated by it. It sucks you in. You huddle in your groups like security blankets and shuffle closer. Just to see the world "out there" from behind this sheet glass facade; to stare like a voyeur from your hiding place.
And you are aware of the atmosphere. You realise why this enormous time piece has this effect on you: with its steady, never-ending Tock Tick, it reminds you that time is passing. My time, your time, all of our times.
It was only when I started this charcoal drawing on an old French newspaper page that it dawned on me why this experience had had such a profound impact on me. Why something was amiss; not quite right. As if there was something more sinister in the air. Tock Tick? 
I realised that I'd been drawing the Roman numerals in the wrong place. I am INSIDE the clock, so the Three should be where Nine normally is. 
And that the clock was, from my point of view, rotating anti-clockwise. 
If, in its own sinister way, it was not showing how much time had passed by in going the opposite direction, just maybe it was counting down how much time is left.
It is Paris and I have just become acutely aware of what Piaf had meant when she said that one should live without regrets.


Charcoal on newspaper 68 x 52cm

Tuesday, 20 May 2014


KINDERS BLY KINDERS

Sit ek en Mia Sondagaand laat langbeen op die sypaadjie by 'n restauranttafeltjie. Kom die drie klein gevreetjies, nie een oor 10 jaar oud nie, druk hul gekreukelde fondsinsamelingpapiere onder ons neuse en maak geluidjies soos klein muise.
My hart word sag.
Die een meisietjie het 'n pienk sweetpakbroekie aan wat bolletjies maak; sy's seker die vierdie kind wat díe broek erf. Mia het ook 'n pienk sweetpakbroekie gehad. Francois se Boy Scouts het cupcakes verkoop om geld in te samel. Ek is 'n pa, man.
Tien minute nadat hulle weg is, besef ek my beursie met al my geld, kredietkaarte, treinkaartjies, bestuurslisensie ens is weg.
Dieselfde aand gou op internet die kaarte gesblok. Maandag oggend begin rondloop in Parys op soek na 'n plek wat my laaste twee reisigerstjeks sal omruil; dollars vir Euro kontant.
Meeste neem nie meer die ou reisigerstjeks nie want die banke eerbiedig dit nie meer nie. Ander vra "Passport?" en ek probeer verduidelik. Ek is na banke toe, na reisagente toe. Ek loop heeldag soos 'n bedelaar en niemand kan my help nie. Ek loop seker 20 km tot my knieë lam is en my voete my nie meer wil dra nie. Van Marais na die Panteon; af na Boulevard Saint Michel, na Saint Germain, na Saint Sulpice, terug na Saint Michel en weer heen en weer. Ek kan nie op 'n bus klim of op die Metro nie. Ek het nie 'n sent op my naam of enige bewys van wie ek is nie. Ek is niemand. Ek kan net sowel met 'n papiertjie by restaurante rondloop en geld kollekteer. Ek was nog nooit so alleen in my lewe nie. Ver van my dinge, naby aan my skade. Ek verlang vir aardse goed. Soos ID en een Euro wat 'n baguette kan koop. Vir iemand om my krisis raak te sien en te help. Maar die maalstroom van mense en rooi-en-groen ligte en motors en scooters en vliegtuigstrepe daar bo sluk my in soos krill. Ongesiens, ongbelangrik, nutteloos. Niks of niemand sal my eers mis nie.
Drie klein kindertjies het my goed gesteel, maar meeste van alles het hulle my identiteit weggeneem- en daarmee saam my onskuld. Ek is skielik 'n siniese, streetwise toeris wat nie eers meer 'n kind vertrou nie. My sakke staan bol van al my goete wat ek nie op die tafel sal neersit nie; elke nou en dan voel ek daaraan en kyk almal wat binne my persoonlike spasie kom met agterdog aan. Selfs klein kindertjies. 
Parys lyk anders. My wêreld het verander. Maar ek aanvaar dit ter wille van oorlewing. Ek is net bly ek het dit nie reeds moes doen toe ek 8 jaar oud was nie.


Houtskool en waterverf 65 x 50 cm


Friday, 16 May 2014


BLOMROKKIE
(vir Heloise)

My ma is 'n muis
my pa is 'n beer
my rokkie geblom
maar my hart is seer

Ek was altyd gepak
in jou swaar reistas
dan gaan ek saam 
om jou op te pas

Nou reis jy alleen
en leef dag tot dag
wyl ek maar geduldig
vir jou sit en wag

Kom vertel my jou stories
van Rome en Parys
van reise op treine
so vêr van ons huis

Kom gesels met my
in 'n snaakse aksent
of sit net in stilte
so alombekend

Kom streel my, kom druk my
soos jy altyd sou maak
kom sit my op jou kussing
kom sien my weer raak

Maak plek in jou tas
maak plek in jou lewe
maar doen jy dit nié
word jy reeds vergewe




Thursday, 15 May 2014

. . . JUST A FOOL


Gister op pad na Giverny, Claude Monet se tuiste, moet ek vir die trein wag op Gare Saint Lazare. Loop uit in die straat en maak 'n skets. Oral óm my is aktiwiteit: mense op stelte en mooi meisies deel vars langsteel rose uit. 'n Brass band in netjiese uniforms speel jazz. 
Hoekom? vra my handpalms na bo.
"Parce que c'est le printemps!" Omdat dit lente is, sê die ou met die hoed vol vars blomme en kyk my aan soos 'n sousbeen.
Parys het nie verskonings nodig om te party nie. Dit borrel van onder uit die Metro soos 'n bedompige hitte, uit mense se harte tot op straatvlak waar almal dit deel. En dis aansteeklik. In my onkunde en tekort aan Parys se eiesoortige ervarings, het ek 'n diep begeerte om te bokspring. Ek's 'n Springbok net vóór die reën, 'n swaeltjie op 'n somersdag, 'n dolfyn met hoogwater. Raak ek dalk "Parisienne"?!
'n Reuse borrel biggel in slo-mo voor my verby. Dit refrakteer en distort die straattoneel in 'n rëenboog van wonders. Nie ver van my af nie staan 'n jong man met kruisbande en 'n bak seepwater by sy voete. Hy swaai stadig aan 'n lang tou-sirkel en nes ons wors stop op die plaas, blaas dit asem in hierdie lang, delikate borrels. Soos toorgoed sweef dit oor die plein. Kinders hardloop en spring en "pop" dit soos ballonne. Niemand staar nie, net ek verwonder my hieraan.
Pla dit jou nie dat die kinders dit so aanhoudend breek nie? vra ek hom in Engels.
"Non!" Met 'n frons, skouers opgetrek, asof hy 'n ou geheim probeer onthou. "I'm not a masochist;" sê hy, "Just a fool."

Ek's 'n inkommer wat iets geproe het en dit nie kan uitspreek nie. Só "Parisienne" is ek nog nie, en ek en my skaapse glimlag staan maar in stilte om bietjie eer te herwin voordat ek stert-tussen-die-bene omdraai om kastig na die motorfiets met die drie wiele te gaan kyk. Dít kan ek nog soort-van verstaan.


Sunday, 11 May 2014

SWALLOWS vs DIE BULLE

 

"Jy's oorgewig, Ma . . ."
   Sy kyk skerp op vanwaar sy gebukkend oor die bed staan en nóg 'n truitjie in die tas pak; net vir ingeval. RSG sê dat Oscar nóg 'n nuwe ou gaan kry om na die kos te kyk.
   "Jou tas, bedoel ek", sê hy en trek sy broek met een hand hoër op.
   "Maar sênou net dis koud? Ek het net die twee baadjies en die ander warm toppies. Mens móét altyd 'n Cashmere truitjie saamvat . . . en dis nie eers swaar nie".
   "Nie een van jou langbroeke en twintig bloese is swaar nie ..." drentel dit oor die kamer. Hy kyk in die spieël. Sit sy knipmes in die groot tas. Netnou vat hulle dit by die check-in en waarmee gaan hy sy biltong sny?
  "En dié?", vra hy en hou 'n Checkers sak omhoog.
  "Bietjie Vyf Rose en droeë perskes. En tandepasta. En van daai souspoeier en jou Bovril. Kan niks los nie".
  "En het jy ordentelike koffie in?"
  "Ja, ek gaan nie Frisco drink daar annerkant nie. Ek het jou oordentelike koffie gepak. Die Koffiehuis".
  "Mmm. Het jy die kaartjies?"
  "Ja, ja. In die briefcase."
  "Die vliegkaartjies?"
  "Ja natuurlik. Die ander is in jou beursie. Het jy daai onderbroek uit die was gehaal en ingepak?".
  Stilte. RSG sê die Ee-Ef-Ef het 20 sitplekke. Die budgie tjirp en gesels terwyl hy saadjies knars. 'n Motor ry buite verby. Sy wiele swiesj oor die nat teer, verdwyn dan agter die spaarkamer.
  "Ma, moet ons nie iets saamvat vir hulle nie? Wyn of so?"
  "Ons moet gaan. Ek wonder waar bly Boeta?"
  "Dis nog drie ure; ons hoef nie te jaag nie."
  Lang stilte. Hy voel-voel aan die tas en begin die zips bymekaar kry om die slotjie deur te steek.
  "Moenie sluit nie, Pa! Netnou moet ons nog iets pak"
  Hy luister nie en sluit die slotjie. RSG sê die Bulle het die Cheetas gewen. Ian druk sy lag uit. Hy lag té lank. Seker weer niks om te sê nie.
  "Sê vir Josephine om seker te maak om die diere kos te gee. En die stoepplante nat te gooi. Ek dink sy is by die wasgoedlyn. Of in haar kamer."
  "Oukei." En nie die pos in die posbus te laat opgaar nie. Mens weet nooit.
  RSG sê dit gaan dalk reën maar eers in die middag. Die res is mooiweer en warm.
  "Sit so bietjie handjie by, Pa . . ." Sy druk-druk aan haar hare en vat haar handbagasie: groot handsak wat net soos regte leer lyk en die ander sak met die handvatsels en 'n jas. Hy kyk maar sê niks. Sal nie help nie. Hy tel die swaar tas van die bed af en wikkel die trekhandvatsel uit.
   "Josephine!"
   Josephine het gewag hiervoor. Haar mense gaan nou gaan; Kaapstad toe vir rugby. Een hele dag weg. Steven-hulle kom twaalfuur en sy het nog nie die quarts in die yskas gesit nie en die game begin al drie-dertig; delayed op SABC1. 
   RSG speel Randall Wicomb.
   Swallows teen die Buccaneers op Peter Mokaba.
   Die budgie pik aan sy spieëltjie.
   Steven is 'n Bucs fan.
  

  Waterverf en ink. 35 x 18cm
  

  

Friday, 9 May 2014

DIE ÉÉN SE LEMOEN,


Sit ons weer plat op ons sagstes in die Palestynse beeldhouer se atlejee en ruil woorde en agtergrond uit met mekaar. Ahmed is eintlik al 9 jaar 'n refugee wat in Lebanon woon, kan nêrens stem of bestuurslisensie kry nie. Ons deel ook ons kos. My hoendervlerkies vir Cecile Weibel se pangebraaide Crösti, Orlin se Bulgaarse Grappa, Marjan en Olga se Switserse pannekoekies met salm vulsel, en natuurlik baguettes en rooiwyn. Dit reën buite en dis koud, maar snoesig hier binne.
Iemand haal 'n lemoen uit en ek merk die Outspan plakker daarop en vertel opgewonde dat dit uit my land kom. Ahmed neem die lemoen en met sy knipmes begin hy versigtig al om die ewenaar sny, diep genoeg om net die skil te breek.
Sommige mense het die vermoeë om iets met styl te doen. Nie met swier of oordrewe trompetgeskal nie; net 'n baie rustige, bekende manier wat wys hy het dit al dikwels gedoen. Iemand kan moeiteloos grondboontjies in sy mond skiet, ander kan 'n sigaret rol sonder om te kyk. Dit dan 'n vinnige lek gee en met een hand toerol. Ahmed weet wat hy doen met die lemoen. Ons hou hom dop. Hy druk sy duim tussen die halfronde in en werk dit tot by die een pool, die een waaraan daai lang wit stukkie lewenskoord ingaan tot diep in die lemoen se binneste. Hy wikkel die halfsfeer los en trek versigtig sodat die wit punt saam uitkom. Toe maak hy die ander helfte los en sny 'n paar kepe daarin en 'n gaatjie in die middel. Hy gaan haal hy gewone kookolie en skink dit in die noordelike halfrond, sommer so bo-oor die wit punt. Hy steek die pit aan die brand en sit sonder bohaai die suidelike halfdrond bo-oor.
Ons trek almal asem op. Hier brand die mooiste kersie met die heerlikste sitrusgeur. Die hele ateljee is gewas in die sagte, warm lig.
Skielik besef ek: die lampie lyk nes 'n erdeware lampie wat ek in Israel by 'n "antiquities" winkel gekoop het lank gelede. Die houer is nou wel 'n Outspan lemoen, maar die beginsel en ontwerp is ten minste 2 000 jaar oud.
Ons het gekuier en gesels óm die lampie tot laat in die aand. Kultuur gepraat. Tale en dialekte. Switsers wat mekaar nie verstaan nie omdat hulle uit twee verskillende dele van klein Switserland af kom. Die Bulgaar vertel van sy land se grense wat soveel keer geskuif is die afgelope paar honderd jaar, dat sy nedersetting 'n ander taal praat as die buurdorpie anderkant die berg; soms is hulle nie eers deel van dieselfde land nie. Die Macedoniër en hy verstaan mekaar. 'n Rus ook. Ek verstaan die Duits en die Hollands. En so bou die lemoen 'n brug tussen Afrika en Europa; tussen die hede en twee eeue gelede.
Niks het verander nie; en tóg is die enigste konstante juis verandering.

Wednesday, 7 May 2014

Waar sal my hulp vandaan kom?


Daar's rede hoekom ek nie 'n titel bo-aan hierdie post het nie. Sien, ek is besig om myself te re-invent. Al sê "hulle" daar is niks nuut nie; alles kom van een of ander invloed af.
Neem nou maar hierdie post. Hier sit ek voor my rekenaar, potlood se uitveërkant in my mond (ou gewoontes sterf stadige dode), en wonder waar om te begin. Allerande clichés soos "Find what makes you different, and chase after that" maal deur my gemoed. Ek vra raad:

(Nuwe paragraaf op 'n snaakse plek; dis deel van re-invent) Oorkant my sit 'n shrink. Netjiese Pretoria-snorretjie, double barrel Afrikaanse van. Tweed baadjie met leer op die elmboë. Potlood en notaboekie. Goedkoop swarte met rooi ruggraat. Sy baadjie se mou is effe opgeskuif sodat hy ongemerk sy Pulsar Quartz kan sien. "Begin by die begin . . . anders gaan jy nooit ontslae raak van die ou dinge wat begin stink nie" of so iets. Ek luister nie juis nie; ek dink aan 'n kraai en 'n non en 'n snack en stemdag in SA. Ek's buitendien gereeld; 'n tweemaal-'n-dag man. Vroegoggend en saans. En sy kinders is buitendien nog nie uit die huis nie so hy weet nie waarvan hy praat nie.
Langs hom is my hokkie-pel wat toevallig in Londen is om Lords krieketstadion se sitplekke te diens. Hy reken hy het 'n "seat in the House of Lords" maar lag nooit vir sy eie droeë humor nie. Hy dra 'n olyfgroen T-hemp: "Breakfast, my favourite beer"; en 'n vêraf uitdrukking wat bekend voel. Ek weet eintlik nie hoekom hy hier is nie, maar hy is die een na wie ek seker sal luister.
Links van my, letterlik, sit 'n ou kliënt uit my advertensiedae. Creative director van letter letter letter & letter. Hare effens lank en versigtig deurmekaar verwaaid, RayBan Wavefarer op sy voorkop geskuif (bietjie ou-skool, maar nog steeds baie film industrie). Sy Drizabone baadjie is skuins oor die stoel se rugreling gedrapeer met sy arm nog binne-in. Die res skree Timberland. Hy het iemand saamgebring wat in die hoek op my bed sit met 'n iPad en iPhone met oorfoon en mondstuk; die klassieke noodsaaklike hulpmidels wat elke respektabele producer moet hê. Dít en 'n attitude van 'n PitBull op Ritalin. Sy wil graag Perrier water hê asseblief en hoekom is "my" wi-fi so stadig. Still (seker die Perrier?). En Sushi vir haar director, maar net van Yoshi Sushi, hulle kan eintlik geen ander sushi vát nie. Ek gril vir die NY Times se sosiale Travel Guide in haar quasi-Amerikaanse aksent.
So, waar sal my hulp vandaan kom? (hier is die titel van my post nou, sien) 
"'n Blog is 'n verskuilde uiting van wie jy WIL wees," sê double-barrel Pretoia. "Jou publieke psige wat jy soos wasgoed ophang vir almal om te bewonder". Ek het nog nooit iemand anders se wasgoed bewonder nie; miskien net . . . ons laat dit daar. Hy word in die rede geval. 
"Green", sê die T-hemp met die seat in the House of Lords. Dís beter, dink ek. Ek dink ook almal wag vir my reaksie.
"Ek het maar net gedink, sien . . . uhm . . . ek voel die skerm is soos 'n leë, wit doek" en kyk hoopvol na Timberland.
Hy swaai sy arm (met die Drizabone baadjie se mou om) en leun peinsend vorentoe, elmboog op die tafel en wysvinger langs sy wang. Ek ken daai gevoel. Tyd vir "brainstorm" is verby. Uiteindelik het sy oomblik gekom en hy kan nie langer wegkruip nie. Daar's niks soos 'n deadline wat aangebreek het en jy het nog niks gedoen anders as 'n goeie brekvis en een van daai's wat ek gereeld tweemaal per dag doen nie. Dis Sondagaand vir hom en hy het nog nie begin met môre se huiswerk nie.
"Does it have to be a blog?" vra hy. Klassieke advertensiewese systap. Die man is 'n meester. Nog 'n Loerie.
Mens het hulp nodig, maak nie saak vanwaar dit kom nie. Sommige mense Google vir inspirasie. Ander wil ervaar. Volgende jaar gaan ek ook Africa Burn toe. Ek roep vandag ou geeste op. Blogskryf is nie vir sissies nie. Dis 'n alleen taak; dis net jy en die res van die wêreld.

Africa Burn - houtskool en waterverf 62 x 82 cm