Thursday, 27 March 2014

Ek't uiteidelik begin inpak: waterverf sheets, waterverf pads, waterverfkwaste, my Windsor&Newton waterverf waarvan sommige pannetjies en tubes nog uit my college-dae uit kom, sketsboekies klein en groot, ink, tuisgemaakte inkpenne, conté, charcoal, fine liners, uitveer, mengbakkie, sproeibottel, lineaal, NT cutter, masking tape, fixative. O ja, en 'n paar jeans en 'n hemp en boxer short. Ek's reg vir Parys. En nee, ek gaan nie karpe vang langs die Vaalrivier nie. Ek gaan om te gaan skets en skryf. Vertrek Woensdag 2 April vir 3 maande in Cité Internationale des Arts, Rue Hotel de Ville, langs die Seinerivier, Marais.
Ek begin nou en dan proe-proe aan die trekklavierklanke op Pont Neuf en die warmte van Mia se hallo-Dad-drukkie, dan's dit weer weg.
Soos spookasem.

Watch this space.  

No comments:

Post a Comment