Tuesday, 27 May 2014

MY UNBEARABLE LIGHTNESS



The picture above is of me taking a picture of my computer taking a picture of me.
My little white MacBook is a 2005 model sporting some ancient OSX with a catname. Cracked Photoshop version 6 from 2004. My iPhone4 has had the same battery, screen cover and quirks for the past few years. My phone number and PIN has not changed since 1995 when I got my first Eriksson. I have the same bank account that my parents opened for me when I learned to swim in Aliwal North. My love for the familiar has not been lost somewhere between the  digital divide and the shine of the new. Neither has my love for biltong on toast. I have not had a car for four months; I ride my son's scooter around Stellenbosch.
Yet I still have too much stuff. I wish someone would invite me to a pool party; a bring-your-own-pool one. I'll "throw in" a Kreepy Krauly if you promise not to return it.
Must say, I will also consider trade-ins. Especially this body. Anyone interested in a slightly used, previously owned body? Slight hair loss, a few scuff marks, but offering a lot for your money's worth. 30% extra in fact, at no additional charge. Or our 19-year old cat, Bertha. Not much of a looker, but a lot of experience. Garage sale! Now there's an idea. Except I don't have garages (and an afdak sale is just not the same). Maybe the church's White Elephant bazaar table? May my trash become your treasure. No, not even a Table Mountain can handle all my tradable stuff.
There is an "Unbearable Lightness of Being" in shedding stuff. There's a freedom that comes with unloading; it is once-and-for-all and that is Milan Kundera's whole point (although not necessarily like my tangible stuff as in especially my Kreepy Krauly).
Am I, like my friend says, "complaining with a loaf of white bread under each arm"? Certainly. I have everything anyone can wish for. I won't swop my trash for your treasures, nor one of my memories for your castle.
My tools are as simple as my wants. I want experiences, not fame and fortune. Memories, not gold or share options.
So no afdak sale for the time being, thank you.
I am too busy being.



Wednesday, 21 May 2014


Tock Tick

When you (eventually) get into the Museé D'Orsay and walk past the beautiful white polar bear sculpture of Francois Pompon and up the stairs, you will eventually find the gigantic clock. Everybody does. It draws one like a magnet.
From miles around Parisians and tourists can see this great iconic clock face; they set their watches by it, plan their lives around it. But once you are inside the museum and standing on the large polished floor in this minimalist space, you are captivated by it. It sucks you in. You huddle in your groups like security blankets and shuffle closer. Just to see the world "out there" from behind this sheet glass facade; to stare like a voyeur from your hiding place.
And you are aware of the atmosphere. You realise why this enormous time piece has this effect on you: with its steady, never-ending Tock Tick, it reminds you that time is passing. My time, your time, all of our times.
It was only when I started this charcoal drawing on an old French newspaper page that it dawned on me why this experience had had such a profound impact on me. Why something was amiss; not quite right. As if there was something more sinister in the air. Tock Tick? 
I realised that I'd been drawing the Roman numerals in the wrong place. I am INSIDE the clock, so the Three should be where Nine normally is. 
And that the clock was, from my point of view, rotating anti-clockwise. 
If, in its own sinister way, it was not showing how much time had passed by in going the opposite direction, just maybe it was counting down how much time is left.
It is Paris and I have just become acutely aware of what Piaf had meant when she said that one should live without regrets.


Charcoal on newspaper 68 x 52cm

Tuesday, 20 May 2014


KINDERS BLY KINDERS

Sit ek en Mia Sondagaand laat langbeen op die sypaadjie by 'n restauranttafeltjie. Kom die drie klein gevreetjies, nie een oor 10 jaar oud nie, druk hul gekreukelde fondsinsamelingpapiere onder ons neuse en maak geluidjies soos klein muise.
My hart word sag.
Die een meisietjie het 'n pienk sweetpakbroekie aan wat bolletjies maak; sy's seker die vierdie kind wat díe broek erf. Mia het ook 'n pienk sweetpakbroekie gehad. Francois se Boy Scouts het cupcakes verkoop om geld in te samel. Ek is 'n pa, man.
Tien minute nadat hulle weg is, besef ek my beursie met al my geld, kredietkaarte, treinkaartjies, bestuurslisensie ens is weg.
Dieselfde aand gou op internet die kaarte gesblok. Maandag oggend begin rondloop in Parys op soek na 'n plek wat my laaste twee reisigerstjeks sal omruil; dollars vir Euro kontant.
Meeste neem nie meer die ou reisigerstjeks nie want die banke eerbiedig dit nie meer nie. Ander vra "Passport?" en ek probeer verduidelik. Ek is na banke toe, na reisagente toe. Ek loop heeldag soos 'n bedelaar en niemand kan my help nie. Ek loop seker 20 km tot my knieë lam is en my voete my nie meer wil dra nie. Van Marais na die Panteon; af na Boulevard Saint Michel, na Saint Germain, na Saint Sulpice, terug na Saint Michel en weer heen en weer. Ek kan nie op 'n bus klim of op die Metro nie. Ek het nie 'n sent op my naam of enige bewys van wie ek is nie. Ek is niemand. Ek kan net sowel met 'n papiertjie by restaurante rondloop en geld kollekteer. Ek was nog nooit so alleen in my lewe nie. Ver van my dinge, naby aan my skade. Ek verlang vir aardse goed. Soos ID en een Euro wat 'n baguette kan koop. Vir iemand om my krisis raak te sien en te help. Maar die maalstroom van mense en rooi-en-groen ligte en motors en scooters en vliegtuigstrepe daar bo sluk my in soos krill. Ongesiens, ongbelangrik, nutteloos. Niks of niemand sal my eers mis nie.
Drie klein kindertjies het my goed gesteel, maar meeste van alles het hulle my identiteit weggeneem- en daarmee saam my onskuld. Ek is skielik 'n siniese, streetwise toeris wat nie eers meer 'n kind vertrou nie. My sakke staan bol van al my goete wat ek nie op die tafel sal neersit nie; elke nou en dan voel ek daaraan en kyk almal wat binne my persoonlike spasie kom met agterdog aan. Selfs klein kindertjies. 
Parys lyk anders. My wêreld het verander. Maar ek aanvaar dit ter wille van oorlewing. Ek is net bly ek het dit nie reeds moes doen toe ek 8 jaar oud was nie.


Houtskool en waterverf 65 x 50 cm


Friday, 16 May 2014


BLOMROKKIE
(vir Heloise)

My ma is 'n muis
my pa is 'n beer
my rokkie geblom
maar my hart is seer

Ek was altyd gepak
in jou swaar reistas
dan gaan ek saam 
om jou op te pas

Nou reis jy alleen
en leef dag tot dag
wyl ek maar geduldig
vir jou sit en wag

Kom vertel my jou stories
van Rome en Parys
van reise op treine
so vêr van ons huis

Kom gesels met my
in 'n snaakse aksent
of sit net in stilte
so alombekend

Kom streel my, kom druk my
soos jy altyd sou maak
kom sit my op jou kussing
kom sien my weer raak

Maak plek in jou tas
maak plek in jou lewe
maar doen jy dit nié
word jy reeds vergewe




Thursday, 15 May 2014

. . . JUST A FOOL


Gister op pad na Giverny, Claude Monet se tuiste, moet ek vir die trein wag op Gare Saint Lazare. Loop uit in die straat en maak 'n skets. Oral óm my is aktiwiteit: mense op stelte en mooi meisies deel vars langsteel rose uit. 'n Brass band in netjiese uniforms speel jazz. 
Hoekom? vra my handpalms na bo.
"Parce que c'est le printemps!" Omdat dit lente is, sê die ou met die hoed vol vars blomme en kyk my aan soos 'n sousbeen.
Parys het nie verskonings nodig om te party nie. Dit borrel van onder uit die Metro soos 'n bedompige hitte, uit mense se harte tot op straatvlak waar almal dit deel. En dis aansteeklik. In my onkunde en tekort aan Parys se eiesoortige ervarings, het ek 'n diep begeerte om te bokspring. Ek's 'n Springbok net vóór die reën, 'n swaeltjie op 'n somersdag, 'n dolfyn met hoogwater. Raak ek dalk "Parisienne"?!
'n Reuse borrel biggel in slo-mo voor my verby. Dit refrakteer en distort die straattoneel in 'n rëenboog van wonders. Nie ver van my af nie staan 'n jong man met kruisbande en 'n bak seepwater by sy voete. Hy swaai stadig aan 'n lang tou-sirkel en nes ons wors stop op die plaas, blaas dit asem in hierdie lang, delikate borrels. Soos toorgoed sweef dit oor die plein. Kinders hardloop en spring en "pop" dit soos ballonne. Niemand staar nie, net ek verwonder my hieraan.
Pla dit jou nie dat die kinders dit so aanhoudend breek nie? vra ek hom in Engels.
"Non!" Met 'n frons, skouers opgetrek, asof hy 'n ou geheim probeer onthou. "I'm not a masochist;" sê hy, "Just a fool."

Ek's 'n inkommer wat iets geproe het en dit nie kan uitspreek nie. Só "Parisienne" is ek nog nie, en ek en my skaapse glimlag staan maar in stilte om bietjie eer te herwin voordat ek stert-tussen-die-bene omdraai om kastig na die motorfiets met die drie wiele te gaan kyk. Dít kan ek nog soort-van verstaan.


Sunday, 11 May 2014

SWALLOWS vs DIE BULLE

 

"Jy's oorgewig, Ma . . ."
   Sy kyk skerp op vanwaar sy gebukkend oor die bed staan en nóg 'n truitjie in die tas pak; net vir ingeval. RSG sê dat Oscar nóg 'n nuwe ou gaan kry om na die kos te kyk.
   "Jou tas, bedoel ek", sê hy en trek sy broek met een hand hoër op.
   "Maar sênou net dis koud? Ek het net die twee baadjies en die ander warm toppies. Mens móét altyd 'n Cashmere truitjie saamvat . . . en dis nie eers swaar nie".
   "Nie een van jou langbroeke en twintig bloese is swaar nie ..." drentel dit oor die kamer. Hy kyk in die spieël. Sit sy knipmes in die groot tas. Netnou vat hulle dit by die check-in en waarmee gaan hy sy biltong sny?
  "En dié?", vra hy en hou 'n Checkers sak omhoog.
  "Bietjie Vyf Rose en droeë perskes. En tandepasta. En van daai souspoeier en jou Bovril. Kan niks los nie".
  "En het jy ordentelike koffie in?"
  "Ja, ek gaan nie Frisco drink daar annerkant nie. Ek het jou oordentelike koffie gepak. Die Koffiehuis".
  "Mmm. Het jy die kaartjies?"
  "Ja, ja. In die briefcase."
  "Die vliegkaartjies?"
  "Ja natuurlik. Die ander is in jou beursie. Het jy daai onderbroek uit die was gehaal en ingepak?".
  Stilte. RSG sê die Ee-Ef-Ef het 20 sitplekke. Die budgie tjirp en gesels terwyl hy saadjies knars. 'n Motor ry buite verby. Sy wiele swiesj oor die nat teer, verdwyn dan agter die spaarkamer.
  "Ma, moet ons nie iets saamvat vir hulle nie? Wyn of so?"
  "Ons moet gaan. Ek wonder waar bly Boeta?"
  "Dis nog drie ure; ons hoef nie te jaag nie."
  Lang stilte. Hy voel-voel aan die tas en begin die zips bymekaar kry om die slotjie deur te steek.
  "Moenie sluit nie, Pa! Netnou moet ons nog iets pak"
  Hy luister nie en sluit die slotjie. RSG sê die Bulle het die Cheetas gewen. Ian druk sy lag uit. Hy lag té lank. Seker weer niks om te sê nie.
  "Sê vir Josephine om seker te maak om die diere kos te gee. En die stoepplante nat te gooi. Ek dink sy is by die wasgoedlyn. Of in haar kamer."
  "Oukei." En nie die pos in die posbus te laat opgaar nie. Mens weet nooit.
  RSG sê dit gaan dalk reën maar eers in die middag. Die res is mooiweer en warm.
  "Sit so bietjie handjie by, Pa . . ." Sy druk-druk aan haar hare en vat haar handbagasie: groot handsak wat net soos regte leer lyk en die ander sak met die handvatsels en 'n jas. Hy kyk maar sê niks. Sal nie help nie. Hy tel die swaar tas van die bed af en wikkel die trekhandvatsel uit.
   "Josephine!"
   Josephine het gewag hiervoor. Haar mense gaan nou gaan; Kaapstad toe vir rugby. Een hele dag weg. Steven-hulle kom twaalfuur en sy het nog nie die quarts in die yskas gesit nie en die game begin al drie-dertig; delayed op SABC1. 
   RSG speel Randall Wicomb.
   Swallows teen die Buccaneers op Peter Mokaba.
   Die budgie pik aan sy spieëltjie.
   Steven is 'n Bucs fan.
  

  Waterverf en ink. 35 x 18cm
  

  

Friday, 9 May 2014

DIE ÉÉN SE LEMOEN,


Sit ons weer plat op ons sagstes in die Palestynse beeldhouer se atlejee en ruil woorde en agtergrond uit met mekaar. Ahmed is eintlik al 9 jaar 'n refugee wat in Lebanon woon, kan nêrens stem of bestuurslisensie kry nie. Ons deel ook ons kos. My hoendervlerkies vir Cecile Weibel se pangebraaide Crösti, Orlin se Bulgaarse Grappa, Marjan en Olga se Switserse pannekoekies met salm vulsel, en natuurlik baguettes en rooiwyn. Dit reën buite en dis koud, maar snoesig hier binne.
Iemand haal 'n lemoen uit en ek merk die Outspan plakker daarop en vertel opgewonde dat dit uit my land kom. Ahmed neem die lemoen en met sy knipmes begin hy versigtig al om die ewenaar sny, diep genoeg om net die skil te breek.
Sommige mense het die vermoeë om iets met styl te doen. Nie met swier of oordrewe trompetgeskal nie; net 'n baie rustige, bekende manier wat wys hy het dit al dikwels gedoen. Iemand kan moeiteloos grondboontjies in sy mond skiet, ander kan 'n sigaret rol sonder om te kyk. Dit dan 'n vinnige lek gee en met een hand toerol. Ahmed weet wat hy doen met die lemoen. Ons hou hom dop. Hy druk sy duim tussen die halfronde in en werk dit tot by die een pool, die een waaraan daai lang wit stukkie lewenskoord ingaan tot diep in die lemoen se binneste. Hy wikkel die halfsfeer los en trek versigtig sodat die wit punt saam uitkom. Toe maak hy die ander helfte los en sny 'n paar kepe daarin en 'n gaatjie in die middel. Hy gaan haal hy gewone kookolie en skink dit in die noordelike halfrond, sommer so bo-oor die wit punt. Hy steek die pit aan die brand en sit sonder bohaai die suidelike halfdrond bo-oor.
Ons trek almal asem op. Hier brand die mooiste kersie met die heerlikste sitrusgeur. Die hele ateljee is gewas in die sagte, warm lig.
Skielik besef ek: die lampie lyk nes 'n erdeware lampie wat ek in Israel by 'n "antiquities" winkel gekoop het lank gelede. Die houer is nou wel 'n Outspan lemoen, maar die beginsel en ontwerp is ten minste 2 000 jaar oud.
Ons het gekuier en gesels óm die lampie tot laat in die aand. Kultuur gepraat. Tale en dialekte. Switsers wat mekaar nie verstaan nie omdat hulle uit twee verskillende dele van klein Switserland af kom. Die Bulgaar vertel van sy land se grense wat soveel keer geskuif is die afgelope paar honderd jaar, dat sy nedersetting 'n ander taal praat as die buurdorpie anderkant die berg; soms is hulle nie eers deel van dieselfde land nie. Die Macedoniër en hy verstaan mekaar. 'n Rus ook. Ek verstaan die Duits en die Hollands. En so bou die lemoen 'n brug tussen Afrika en Europa; tussen die hede en twee eeue gelede.
Niks het verander nie; en tóg is die enigste konstante juis verandering.

Wednesday, 7 May 2014

Waar sal my hulp vandaan kom?


Daar's rede hoekom ek nie 'n titel bo-aan hierdie post het nie. Sien, ek is besig om myself te re-invent. Al sê "hulle" daar is niks nuut nie; alles kom van een of ander invloed af.
Neem nou maar hierdie post. Hier sit ek voor my rekenaar, potlood se uitveërkant in my mond (ou gewoontes sterf stadige dode), en wonder waar om te begin. Allerande clichés soos "Find what makes you different, and chase after that" maal deur my gemoed. Ek vra raad:

(Nuwe paragraaf op 'n snaakse plek; dis deel van re-invent) Oorkant my sit 'n shrink. Netjiese Pretoria-snorretjie, double barrel Afrikaanse van. Tweed baadjie met leer op die elmboë. Potlood en notaboekie. Goedkoop swarte met rooi ruggraat. Sy baadjie se mou is effe opgeskuif sodat hy ongemerk sy Pulsar Quartz kan sien. "Begin by die begin . . . anders gaan jy nooit ontslae raak van die ou dinge wat begin stink nie" of so iets. Ek luister nie juis nie; ek dink aan 'n kraai en 'n non en 'n snack en stemdag in SA. Ek's buitendien gereeld; 'n tweemaal-'n-dag man. Vroegoggend en saans. En sy kinders is buitendien nog nie uit die huis nie so hy weet nie waarvan hy praat nie.
Langs hom is my hokkie-pel wat toevallig in Londen is om Lords krieketstadion se sitplekke te diens. Hy reken hy het 'n "seat in the House of Lords" maar lag nooit vir sy eie droeë humor nie. Hy dra 'n olyfgroen T-hemp: "Breakfast, my favourite beer"; en 'n vêraf uitdrukking wat bekend voel. Ek weet eintlik nie hoekom hy hier is nie, maar hy is die een na wie ek seker sal luister.
Links van my, letterlik, sit 'n ou kliënt uit my advertensiedae. Creative director van letter letter letter & letter. Hare effens lank en versigtig deurmekaar verwaaid, RayBan Wavefarer op sy voorkop geskuif (bietjie ou-skool, maar nog steeds baie film industrie). Sy Drizabone baadjie is skuins oor die stoel se rugreling gedrapeer met sy arm nog binne-in. Die res skree Timberland. Hy het iemand saamgebring wat in die hoek op my bed sit met 'n iPad en iPhone met oorfoon en mondstuk; die klassieke noodsaaklike hulpmidels wat elke respektabele producer moet hê. Dít en 'n attitude van 'n PitBull op Ritalin. Sy wil graag Perrier water hê asseblief en hoekom is "my" wi-fi so stadig. Still (seker die Perrier?). En Sushi vir haar director, maar net van Yoshi Sushi, hulle kan eintlik geen ander sushi vát nie. Ek gril vir die NY Times se sosiale Travel Guide in haar quasi-Amerikaanse aksent.
So, waar sal my hulp vandaan kom? (hier is die titel van my post nou, sien) 
"'n Blog is 'n verskuilde uiting van wie jy WIL wees," sê double-barrel Pretoia. "Jou publieke psige wat jy soos wasgoed ophang vir almal om te bewonder". Ek het nog nooit iemand anders se wasgoed bewonder nie; miskien net . . . ons laat dit daar. Hy word in die rede geval. 
"Green", sê die T-hemp met die seat in the House of Lords. Dís beter, dink ek. Ek dink ook almal wag vir my reaksie.
"Ek het maar net gedink, sien . . . uhm . . . ek voel die skerm is soos 'n leë, wit doek" en kyk hoopvol na Timberland.
Hy swaai sy arm (met die Drizabone baadjie se mou om) en leun peinsend vorentoe, elmboog op die tafel en wysvinger langs sy wang. Ek ken daai gevoel. Tyd vir "brainstorm" is verby. Uiteindelik het sy oomblik gekom en hy kan nie langer wegkruip nie. Daar's niks soos 'n deadline wat aangebreek het en jy het nog niks gedoen anders as 'n goeie brekvis en een van daai's wat ek gereeld tweemaal per dag doen nie. Dis Sondagaand vir hom en hy het nog nie begin met môre se huiswerk nie.
"Does it have to be a blog?" vra hy. Klassieke advertensiewese systap. Die man is 'n meester. Nog 'n Loerie.
Mens het hulp nodig, maak nie saak vanwaar dit kom nie. Sommige mense Google vir inspirasie. Ander wil ervaar. Volgende jaar gaan ek ook Africa Burn toe. Ek roep vandag ou geeste op. Blogskryf is nie vir sissies nie. Dis 'n alleen taak; dis net jy en die res van die wêreld.

Africa Burn - houtskool en waterverf 62 x 82 cm





Sunday, 4 May 2014


SO I ASK HER FOR HER NUMBER

Like a tourist, I walked to the wheat fields just outside Auvers sur Oise where van Gogh painted his famous "Wheat field with Crows". As luck would have it, to my amazement, there were even three crows fluttering about. I made a quick watercolour sketch on a postcard; even used a post-impressionistic style. Satisfied, but still amazed at the crows, I take a pic of my postcard on my iPhone and try to send it to my son. As per the last three frustrating weeks, the MMS message fails to send. Airtime or data bundle or wi-fi or whatever. I will send it from my laptop later. So I wander down to the famous church in town that van Gogh painted; L 'église Notre-Dame d' Auvers.
I enter the sacred space with its vaulted ceilings and stained-glass windows on cushioned feet. For a while I stroll amidst burning candles in a hushed, respectful silence. Then this figure from another world appears noiselessly, as if floating on air. Timelessly dressed in a black habit with a starched white cornette framing her oval, pure face. Unblemished by make-up. Unblemished, full stop.
"Pardon, Mademoiselle," I ask, "may I take a picture, s'il vous plait?" 
She gives the tiniest nod of her head and starts to step aside.
"May I take a picture of YOU?". Again, a little nod and she looks directly into the iPhone in my hand. I frame in by the arched gables. Perfect. I squeeze the button and the camera clrrrks.
"May I see?" she whispers in perfect English. I hold the phone to her. Her slender hand reaches for it and our fingers touch. A faint ZRRR passes between us; static electricity. She gives me the faintest smile and takes the phone from me with both hands as if it is a dead dove. She scrutinizes the screen much closer-up than my eyes would allow me to.
"Can I send it to you"? I gesture with my forefinger backwards and forwards between us.
"Sure," she says, so I ask her for her number. Instead of passing me the phone, she starts typing with a teenager's familiarity using both thumbs. Her delicate, pale fingers, short nails, dance across the screen. I sneak a look at her face. Her skin is milk; fat-free and almost translucent. She has the complexion of a linen sheet that's been scrubbed on a flat rock next to a mountain stream; with pale shades of blue and pink floating just underneath the skin. That flimsy film between a pomegranate's pips. Pink inside her eyelids and blonde eyelashes of a newborn piglet. A strand of hair peeping from under her cornette is strawberry blonde. It will be in need of a cut, I am sure, but I imagine what her hair would look like loose, blowing across her face. With a delicate middle finger she would gracefully tuck it in behind her ear and she would throw her head back and laugh as she feeds the crows out in the wheatfields. 
What am I thinking. NON in Afrikaans, I consider, means NO in French.
"WHOOOOP!"
The sound my iPhone makes when it sends an MMS successfully echoes through the holy space. For a moment, a couple of Chinese tourists stop and glance. I am startled to the present. 
Impossible!
She is holding the phone out to me. Our fingers touch. ZRRRR.
Again, that faint Mona Lisa smile.
I stare.
"Excuse me," she says, "I have to go feed the crows".
She knows. And she knows I know that she knows.


Saturday, 3 May 2014

VOETSPORE


VOETSPORE

Vandag in groot voetspore gaan loop. Auvers sur Oise, Vincent van Gogh se laaste blyplek. Ge-backpack met sketsgoed en 'n bottel rooiwyn gaan sit ek op die presiese plek vanwaar hy so lank gelede dié kerk geskilder het. Begin ek washes doen, sepia penlyne bysit, nog bietjie donker skadus invul. Toe val 'n nuwe skadu oor my werk. 'n Ouerige dame begin kommentaar lewer in Frans. Toe ek sé ek is in Cité, versag haar hart heeltemal en sy vertel my nostalgies hoedat sy in die 1960's amper kans gekry het om te gaan. Sy bekyk krities my skildery en begin met die ongelooflikste kommentaar. My verhoudings is te regop; ek kom uit 'n Barok omgewing, né? Duitsland, Engeland of VSA? Sien ek die regterkantse geronde nis? Dit was die oorspronklike fort. 1200's. Toe is daar later aangebou in die 1300's. Sien ek die verskil in klipwerk? Verstaan ek hoekom die argitek vir maande hier kom bly het om die son en klimaat te verstaan voordat aanbouings beplan was? Was ek al binne? Hoe kan ek die plek teken as ek nie binne was nie? Mens teken nie met talent nie, maar met siel. Kyk na van Gogh se skildery: die hele ding lewe. Die vroutjie gee skaal ('n Hollandse vrou, by the way). In die 1500's weer aangebou, die linkerarm noem sy dit; soos 'n ligaamsdeel van 'n lewende wese. Wat 'n diep gewortelde kennis en passie wat sy met my kom deel! Ek voel glad nie in die bek geruk nie, inteendeel, ek beskou dit as 'n groot kompliment. Die grootste belediging wat iemand mens se werk kan gee, is om niks te sê nie. My vaal ou kerkie het skielik 'n storie wat my eie is. Ek het binne gaan ronddrentel, die ongelooflike atmosfeer diep ingeasem en spookasem kiekies geneem met elke oogknip. Toe op na Vincent se graf 'n ent buite die dorp. Op pad eers die koringlande geskets op 'n poskaart, ook van presies dieselfde plek vanwaar hy sy bekende koringlande met kraaie geskilder het. Die poskaart (met denkbeeldige kraaie in) later van die Auvers poskantoor na my ma gepos. Toe, 'n paar stokgooie verder al langs die koringlande langs, tussen al die ander grafte, het my voete kom rus voor die eenvoudige klip wat eenvoudig sê: Hier lê Vincent van Gogh. Toe is daar nie meer spore om te volg nie. Ek besef dat ek my eie sal moet trap. 
Mercí, Madame.
Mercí, Vincent van Gogh.



Friday, 2 May 2014


Dag 28

Is Parys steriel?
Die treine van die Metro naby ons gebou rammel elke sewe minute stiptelik soos 'n mini-aardbewing deur my ateljee. Polisesirenes loei gereeld die naglug in. Mense praat, kinders jil. Die reuk van ou urine is op elke hoek; hulle sê dis die reuk van Parys.
Dis lente en die kleure speel kaleidoskoop. Die strate en rivier vibreer van aktiwiteit. Dis moeilik om op een sintuig te fokus; ek's in sensory overload.
Maar elke nou en dan as ek stilstaan en alles absorbeer en verpak in gepaste klein proteïne-folders, word ek bewus van 'n ander detail. Ek kyk af na my enigste paar stapskoene. Maklik om raak te sien. Die cobblestone strate is vaal en dra die patina van jare se spit-and-polish. In perfekte harmonie vleg die rye en rye stene die stad aanmekaar. Presies, perfek. Maar in die patroon lê verskuil ook die heel ander storie: die storie van 'n Europese stad wat sy plek in die natuur as oase vir lewe verloor.
Ek is 'n maand hier en die enigste insek wat ek nog gesien het, was een brommer wat my vars vis kom verken het toe ek dit heelmiddag in die vensterbank los om te winddroog. 'n Paar seevoëls by die rivier en natuurlik duiwe. Van ander dierelewe is daar bra min te sien. Hoe chemies/sosiaal onaantreklik kan 'n stad dan raak dat insekte nie eers hier woon nie? Ek mis die Spotted Eagle Owls wat my en Heloise al baie jare "volg". Kolganse. Tarentale. Spinnekoppe en kewers en wurms en tuinvoëls. Tortelduiwe se geroep. Gemoedelike gesels van vrouens op sypaadjies nadat die dag se werk verby is. Honde wat blaf. Skoolsirenes. Alles en almal wat in Suid-Afrikaanse stede 'n simbiotiese bestaan voer, laat voel mens darem deel van 'n groter bestaan. 
Dís dan wat my pla: die gebrek aan oopte, bome wat nie in perfekte kubusse gesnoei is nie, die totale afwesigheid van grond en klippe. Selfs korrupsie en geweld, dit laat my voel of ek in 'n "perfekte" geskepte mensruimte is waar geen vooruitgang en vernuwing kan kom nie. Ek kla nie, ek dink net ek mis daai adrenalien wat Afrika mens gee. Net so 'n bietjie.

Houtskool en waterverf, 84 x 60cm